Alies dans kringe om kompetisie

dans

Op 30 Augustus 2019 het Charlize Myburgh en Elinique Paul deelgeneem aan die “Free State Closed Provincial” kompetisie in Bloemfontein. Albei leerlinge het met hul puik prestasies gekwalifiseer om die volgende dag aan die “Cheetah Challenge “ kompetisie ook deel te neem. Charlize en Elinique behaal ‘n 4 de plek in die intermediate 12 – 15 jaar Rock ‘n Roll, asook ‘n 1 ste plek in die Intermediate Freestyle 12 -15 jaar Couples afdeling.   Elinique het ook ‘n 6 de plek in die Intermediate 12 – 15 jaar Freestyle afdeling behaal. Die “Ultimate Summer Freestyle” kampioenskappe vind op 12 Oktober plaas – baie sterkte aan hierdie twee Alies dansers.