Springbok toekennings

springbok

Die hoogste toekenning wat ‘n hoërskoollleerder vir Landsdiens kan ontvang is die Springbok toekenning.

Hierdie is n gesogte toekenning en is net vir die toegeweide landsdieners beskore. Hulle moet ten minste een Junior en een Senior Nasionale kamp bywoon om te kwalifiseer. Om die 100 punte bymekaar te maak wat benodig word moet hulle ook alle kampe, dagprojekte en landsdiens aktiwiteite bywoon. Hulle moes ook op die bestuur gedien het om genoeg punte bymekaar te maak

Vier huidige ANHS matrieks kon aan die vereistes voldoen. Hulle is Ruche Bosman, Dante Stephenson, Megan du Toit en Zyan Prerorius. Twee van 2018 se matriekklas ontvang ook nou  hulle toekenning nadat hulle die einde 2018 die voldoende punte bymekaar gemaak het. Hulle is Talia Oosthuizen en Joane Odendaal. Baie geluk aan al hierdie Alies, ANHS is trots op julle.