Alie-familie blink uit in skiet

skiet fam

‘n Groot groep skuts van die Vrystaatspan  het van 8 tot 10 Augustus aan die nasionale baansportkampioenskap in Polokwane deelgeneem. Die Orrock-familie het besonders goed gevaar. Anthony (senior mans)  het ‘n tweede plek en twee derde plekke behaal,  William (seuns 0.19) het twee eerste en ‘n tweede plek behaal en Robert (seuns 0.19) het ‘n tweede en twee derde plekke behaal. Baie geluk aan hierdie Alies!