ANHS Landsdiens

ANHS 1610

ANHS se graad 8 en 9 landsdieners het die afgelope naweek op die plaas  Badfontein gaan kamp.

Dit was n besige naweek vol aktiwiteite. Vrydagmiddag het ons lekker speletjies op die "strand" langs die rivier gespeel.  Die leerders het ook n kunswerk wat die liefdes van landsdiens uitbeeld uit sand en ander elemente uit die natuur gemaak. Na aandete is daar lekker Bingo gespeel en om die kampvuur gekuier.

Na ontbyt Saterdag oggend is ons Rotondo toe waar mnr. Percy Watkins ons op n baie interessante toer van die bedrywighede op die neuteplaas geneem het. Daarna het die groep Alies gaan swem  by die warm bron en sommer daar n piekniek middagete geniet. Juffrou Naomi het die Landsdieners ook meer geleer van noodhulp wat handig te pas sal kom in die veld. Die middag kon die kampers ontspan en het die seuns n bietjie in die rivier gaan visvang. Laatmiddag was dit tyd vir handwerk. Met lapverf in spuitbotteltjies het die kampers kunswerke opgetower wat in eetgereisakkies opskep gaan word. Die aand kon juffrou Zizi bietjie agteroor sit terwyl die kampers aandete voorberei. Na lantern bekruip het die Alies op die sand langs die rivier gaan sit en daar gesels en godsdiens gehou. 

Sondagoggend was dit tente afslaan, opruim en oppak. ANHS Landsdiens wil graag die volgende mense bedank: Johan en Susan van der Westhuizen vir die netjiese kampgeriewe, mnr Percy Watkins wat sy Saterdag oggend opgeoffer het om hulle op die toer te neem en Mnr Rens wat gehelp het met die vervoer.